Skip to content
Artwork for Vertel Dit Net So!
FictionComedy Fiction

Vertel Dit Net So!

Fritz Faro

Stories wat jou laat lag. Goed word gese op 'n veelseggende manier en plekke mag bekend klink, maar die karakters en gebeure is "fiction." Maak jou eie afleidings en gevolgtrekkings. En doen met die storie wat jy wil, maar...baie belangrik deel jou "happiness" met ander deur die podgooi te deel met andere. Geniet dit want hierdie Podgooi geniet jou!

Nou kan jy vir my 'n "voicenote" stuur. Ek luister na almal, sonder vooroordele of stuur sommer jou storie vir my en jy mag in die volgende reeks wees. En as jy nou so die podgooie geniet dat dit lyk asof jy van lootjie getik is, kan jy my 'n rooibos teetjie-fooi stuur vir my stoep se gesit en rus. Capitec - 2013525571 FFaro - Baie dankie.

Play
  • 30 episodes
  • Avg 11 min
  • Afrikaans

Support the show

Goes straight to the publisher. podnod takes nothing.

Counted on this page — what you have heard stays on this device, so it is not something the list can be paged by.
  • Yesterday · 15 min

    Die Vis In Die Visrivier

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Oom Jan, Koot en myseself is toe op pad rivier toe saam met my donkie ou Pietertjie. Koot het met die graaf oor sy skouer geloop soos 'n soldaat wat sy rang verloor het. Toe praat ons vis toe ons by die rivier kom wat se water al verby gevloei het amper soos die treinspoor en die trein wat al lankal verby is. Koot het gegrawe in die droee riveir bedding. Oom Jan, "soos hy le" het volgehou daar was water wat daar gevloei het. Koot het goeters op gegrawe tot op 'n sleutel so groot soos oom Jam se onderarm. 'n Veelseggende gesprek...

  • S6 · E2
    Thursday · 15 min

    How Do You Live Life Without Expectations

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Life is not something we have earned or created. It is an absolute gift. Every breath, every heartbeat, every day is given by the Creator, whether you believe in Him or not. He cares for all, the "good" and the "bad." He "gives to all people life and breath and everything else" (Acts 17:25). Realistically life in a broken world, a fallen world includes both beauty and brokenness; joy and sorrow; health and sickness; gain and loss; love and betrayal. The true living God is relational. He created us to have a relationship with us.

  • S6 · E1
    Thursday · 12 min

    Be Sure U Will Die - It's hard to be Alive

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Hi my friend. Due to a lack of funds to have a second podcast specifically concentrating on Christianity and relationships, I have no choice but to add this season here to the Afrikaans podcast. I hope you don't mind. Life is hard. And it's hard morally as well as physically. This reality is not a modern complaint, it was there from the beginning. There is a moral difficulty of being alive apart from God. When the mind become so darkened life moves away from God. Your life moves away from God. Jesus' invitation to every person is to move nearer to Him. The weary and tired in this life to come to Him for rest!

  • S5 · E1
    November 20 · 17 min

    Die Trein Wat Nie Onthou Nie

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Ek is Jantjie Doring, 'n tjent van die Karoo. Die wereld van die harde droee grond soos my Khoisan voorouers gese het. Dis 'n wereld waarvan 'n digter van die Afrikaners (C. Louis Leipold) so geskryf het: Hier, wil ek rus op ons vaal Karoo - Hier, waar die veld 'n leegte is - Hier, by die slang en die akkedis - Hier, by die hemel blou daarbo... Ek is 'n boorling van Tondeldoos en 'n bywoner van Kootjieskolk. Ek ry met my donkie karretjie van plaas tot plaas, ek skeer skape, ek maak draad, en ek maak vriende, sonder om tjenners te maak (of so dink ek), in daardie volgorde van winsgewendheid. My donkie heet Pietertjie. Hy is sewentien jaar oud en het meer opinies as die meeste predikante wat ek al ooit in hierdie area van sendelinge, gesien het. Welkom my vriend by die nuwe reeks "Oom Jan 'Soos-Hy-Le' en die Trein na Kootjieskolk"...jy gaan dit geniet!

  • S4 · E2
    November 18 · 10 min

    Die Grahampies van Grahamstad - Deel 2

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Laaste het die Grahampies nog lekker in die Lounge in Albany Road gesit en gesels. Jy onthou nog? Nou ja, hulle was nie klaar gesels nie. In hierdie tweede gedeelte sit hulle hul gesprek voort met gatgrawery en gatmaakery. En tot hulle surprise was daar toe so wrintiewaar 'n pothole reg voor die Lounge wat nie daar was toe hulle in die Lounge gaan sit het nie. Hulle "no name brand" vroulike "kennis", vir persoonlik rede, sluit toe by hulle aan. En die pothole raaisel continue totdat dit lyk asof mister Big Six 'n ernstige vraag het om te vra....

  • November 17 · 4 min

    Trailer- Nuwe Reeks - Oom Jan "Soos-Hy-Le" en die Treinspoor na Kootjieskolk

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Ons begin met 'n splinternuwe reeks. Dankie vir jou ondersteuning deur te luister na stories so ver as moontlik na aan die hart van almal in wie se are daar Khoisan bloed vloei. Afrikaans is 'n lekker taal. As jy hom eers agtergekom het, vertel jy hom sommer net so! Drie versoekies aan jou my vriend: (1) Gebruik die voice recorder op die Vertel-Dit-Net-So! webtuiste om vir my 'n boodskap te stuur of jou eie storie; (2) Se vir my waar ek beter kan doen of wat vir jou steurend is; (3) Ek weet jy sal my graag wil neem vir 'n ou koffietjie, se maar vir my as jy wil en ek se vir jou hoe. Baie dankie.

  • S4 · E1
    November 16 · 9 min

    Die Grahampies van Grahamstad

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! 'n Dorpie met 'n ryk geskiedenis word toe 'n dorpie met 'n ruik geskiedenis. Maar daaroor kan ons weer praat. Die dorp is ryk aan Gonaqua Khoi en iXhosa geskiedenis. Voeg daarby die Britse setlaars en Indiese kerrie en jy het 'n resep van vele. Dis toe die "majority" oorneem dat dinge beginne neuk in Grahamstad. So sit die drie Grahampies, Mister Big Six, Langkop en Tosselman afkoel in die Lounge in Albany Road. Die plek lewe my vriend maar is omring deur die dooies van lank en nou gelede. In Grahamstad word daar stuk gesny, stories vertel en die vraag, "het jy gehoor?" beantwoord....maar my vriend die storie van die potholes moet jy hoor...

  • November 12 · 13 min

    Eenkeer 'n Jaar Se Gebraai

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Dit word nou weer die einde van die jaar. Iewers begin iemand te vra gaan ons weer hierdie jaar ons einde van die jaar braai het. So kom die vraag toe ook uit by die baas, Japie Neethling. 'n Baie gawe werkgewer wat werklik omgee vir sy mense. As hy moet hard praat doen hy dit en soms raak sy byvoeglike naamwoorde op en dan skep hy maar sy eie. Vir al die jare het hy elke jaar sy werknemers 'n lekker tyd aan die einde van die jaar gegee. Hope vleis, hope lawaai -watertjies en hope musiek. Lekker! Maar daar was die eenjaar wat dinge by die braai baie skeef geloop het. Laat my toe om op 'n poetiese wyse die storie te vertel!

  • November 9 · 11 min

    Wie Se Tjent Is Jy

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Klein Ben oftewel Bennie is oppad in die nare ou nag op die N9 wat lei na George. Sy Mini Minor Morris motortjie loop lekker. Hy voel soos 'n renjaer op die pad, en soos oom Boeta sal se, "skuur hy sy gat!" Dis toe hy by Uniondale kom en verby ry dat hy 'n gedaante van 'n mense sien. Hy trap brieke dat stofwolke om sy motortjie se wiele vorm. En dan... jy sal maar self moet luister wat toe gebeur!

  • S3 · E6
    November 8 · 10 min

    Die Dorp wat Nerens Heen Gaan Nie

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Uniondale, die mense van Lyonville het ' hartklop van hulle eie. Lewe is rustig so lyk dit maar die lewenslustigheid is altyd daar. In hierdie episode is daar weer 'n toeris wat die dorp ingewals kom en hy wou weet wat hulle bedoel met "ons nie?" Toe is dit 'n hele 'bedoeling' tussen die toeris en antie Sarie. Daarna volg toe 'n 'kat' gesprek wat kwansuis 'n burgemeester is. Toe kom die reen. Oom Boeta sien 'n gat by antie Maria se draai...

  • S3 · E5
    November 7 · 11 min

    Die Groot Poort-Pad Opening

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Die dag het aangebreek vir die MR401 of dan die Poort-Pad te open na dit opgegradeer was. Alles en almal was in rep en roer. Die opgewondenheid kon gevoel word. Dit was 'n grootse geleentheid op Unionsdale. Die Burgemeester was laat. Almal het gewag dat hy moet kom...toe kom hy uiteindelik. Hy kon beswaarlik sy toespraak begin toe iemand van agter af skree dat hy 3 ure laat was. Nodeloos om te se dat die koek al halfpad verslind was van al die wag. Toe moet die lint geknip word, maar nou moet jy maar verder luister wat gebeur het.

  • S3 · E4
    November 6 · 10 min

    Antie Sarie se Taal Polisie

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Antie Sarie het besluit dis skone nonsense dat mense op Uniondale praat soos hulle wil. Taal moet reg gebruik word. Maar "reg gebruik" is nie wat jy dink nie, dis wat antie Sarie dink wat reg praat is. En om haar "wet" toe te pas is daar ook boetes vir die oortreders. Natuurlik is alles van 'n koekerige aard op Uniondale al is dit ook 'n biskuit. Dis toe 'n toeris in Uniondale aankom dat Antie Sarie se polisie in volle swang kom. Geniet hierdie episode.

  • S3 · E3
    November 6 · 11 min

    Die 95 Anglo Boereoorlog Soldate

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Min mense ken die rol wat ons mense gespeel het in die geskiedenis van ons land. Gewoonlik is dit net die "wit geskiedenis" wat vertel word. Hopedale-Lyon of te wel Uniondale het 'n belangrike rol gespeel in die oorlog. Dit was tyd vir Oom Boeta om vir meneer Abarahams 'n geskiedenisles te gee. Die een ding is waar, op Uniondale spook mense met mekaar, maar dis altyd vir die goeie van almal. In hierdie episode is die gesprek aan die gang oor die rol wat iemand se oupa gespeel het in die oorlog. Selfs neef Danie moes erken dat sy oupa 'n "kolonel in die vleisbedryf" was....

  • S3 · E2
    November 4 · 11 min

    Die Haarlem Probleem

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Die vorige episode het afgesluit met Oom Boeta se hond wat sug. En hy het gesug omdat hy geweet het dis nie lank nie of Oom Boeta gaan neuk met Haarlem. En so by my kool, toe is dit net so. Dit begin met 'n Haarlem toerismebord, en dit loop toe oor in 'n spioenasie sage wat toe ook nie spioenasie is nie. Nou weet jy al teen die tyd dat Uniondale, of is dit "Unie Dale" nie dinge op 'n maklike manier doen nie en tog is niks gekompliseerd nie. Die toerisme neteligheid loop toe uit op 'n komiteevergadering wat eindig in 'n belediging. Maar hoor hier, luister maar self watse gedoente dit was...

  • S3 · E1
    November 3 · 15 min

    Die Poort-Pad Geskil

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! 'n Berig verskyn in die koerant dat die Poort Pad ook bekend as MR401 of die R339, Queenstraat opgegradeer sal word. En dit ontketen 'n hele ketting reaksie. Die Poort Pad is 'n pragtige en skouspelagtige bergpas en van historiese belang. Dit sny deur die Uniondale poort en is 'n belangrike skakel tussen Uniondale op die N9 en Avontuur in die Bo-Langkloof op die R62. Vanaf net 'n "gerug" het dit geli tot 'n vergadering wat ontaard het en ontwikkel het tot 'n Haarlem kwessie, dit was WOES om die minste te se, maar luister self...ek het nie woorde nie!

  • November 3 · 2 min

    Voorskou - Almal Spook Op Uniondale Behalwe Die Spook

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Welkom terug my vriend en vriendin. Baie dankie vir jou gereelde luister na my Podgooi - Vertel Dit Net So - en dis ook wat ek probeer doen. Soos jy alreeds agter gekom het probeer ek kort storie te gee oor dorpe in ons land, en daar is sommer nog baie om te kom. Ek probeer ook die stories te plaas binne die kleurling of bruin gemeenskappe. Ons is 'n gemeenskap wat die kwinkslae het, die byname het en die komiese raak sien en hoor. Hierdie derde reeks het niks met spoke te doen nie, altans so dink ek, jy moet maar self luister. Indien jy wil deel neem is jy meer as welkom om die knoppie op die podgooiblad te gebruik om my 'n boodskap te stuur of jy kan my 'n whatsapp stuur om te se waar jy luister (+27 715233660) of 'n epos by fritzfaro7@gmail.com. Baie dankie en groete.

  • S2 · E7
    November 1 · 15 min

    Die Verkiesing van Dorpsburgemeester

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Vir 18 jaar het Koekenaap nie 'n burgemeester gehad nie. Die provinsiale kantoor laat weet dat die tyd vir 'n burgemeester aangebreek het. So het die dorp met drie kandidate opgeindig waarvan Kerneels Baster die proponent Evangelis deel is. Almal ontmoet buite die OK vir die uitslag...Maar laat Kerneels self vertel. Baie dankie dat u hierdie reeks gevolg ek hoop u sal Koekenaap besoek. Kyk uit vir die voosrskou van my volgende reeks.

  • S2 · E6
    October 30 · 10 min

    Klasie Kouter se Casino en Geselskapsentrum

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Klasie Kouter het 'n plan, of so het hy gedog. Hy reel toe 'n gemeenskapsvergadering in die kerksaal. Dit was goed beplan en die saal was vol want sien op Koekenaap kom mense graag vergadering toe as daar iets is waaroor hulle kan skinder. Die vergadering het goed verloop en vrae was gevra. Die belangstelling was hoog en almal wou weet wat die geselskapsentrum gaan behels. Maar dan breek die veragdering uit in 'n skree-kompetisie....Kerneels sal die storie beter kan vertel.

  • S2 · E5
    October 29 · 12 min

    Rugby By Die Sportgronde

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Die wedstryd van die jaar het begin. Proponent Evangelis Kerneels Baster was gevra om skeidsregter te wees omdat hy kwansuis die eerbaarste en eerlikste op Koekenaap en Lutzville is. Maar teen 2 uur is albei spanne in rep en roer. Van hulle is by die drankwinkel waar daar n skynbare "voorbereidingsritueel" aan die gang was. Teen 3 uur toe die fluite blaas hol daar 'n skaap op die veld...Laat Kerneels maar verder vertel!

  • S2 · E4
    October 28 · 13 min

    Die Dag Toe Die Vulstasie Opdroog

    Got something to say to this podcast? Send a voicemail, and you might hear yourself on the next episode! Die hele Koekenaap staan en wag by die vulstasie soos hulle by die kerk nie sal staan en wag nie. Nee by die kerk kom hulle altyd laat, met die uitsondering van tannie Ous want sy wil niks mis loop nie. Jy weet mos hoekom... Die pompe by die vulstasie was alreeds vyf dage laat. Die karre en bakkies van algaar staan stil want daars g'n brandstof nie. Die petrol joggie het al sy bedankingsbrief geskryf...en broer Jan Dohner is in 'n stille oordenking rustig en kalm want so het hy altyd voorraad van die "verskillende vloeistowwe." Maar nou ja, laat evangelis Kerneels Baster vir jou die storie vertel!

Showing 1–20 of 30 episodes