Skip to content
Artwork for Spektrum

Spektrum

RSG

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Play
  • 27 episodes
  • daily
  • Avg 48 min
  • Afrikaans
Counted on this page — what you have heard stays on this device, so it is not something the list can be paged by.
  • Yesterday · 48 min

    Spektrum: 'n Vrou word elke 20 minute in SA verkrag

    21 September 2026: Volgens die jongste misdaadstatistiek word 'n vrou elke 20 minute in Suid-Afrika verkrag - ons vra wat loop skeef? Kiesers kan van vandag af vir spesiale stemme registreer. Die ANC se versuim om kandidate op die proporsionele verteenwoordiging-stembrief in Mangaung te plaas, kan 'n omwenteling by die stembus beteken.

  • Friday · 51 min

    Spektrum: Wat beteken konstitutionele hof se uitspraak oor Wet op Openbare Verkryging?

    18 September 2026: Die voorsitter van die Staatsdienskommissie sê by die Madlanga-kommissie dat staatsamptenare op papier aan openbaarmakingsvereistes voldoen, maar in werlikheid betekenisvolle en noukeurige ondersoek vermy. Ons bekyk die konstitutionele hof se uitspraak oor die Wet op Openbare Verkryging van 2024. Inwoners van Lerato Park in Kimberley ontvang huise en titelaktes.

  • Thursday · 48 min

    Spektrum: Publiek se samewerking gevra ná negende vroueliggaam aan Oos-Rand gevind is

    17 September 2026: Die publiek se samewerking gevra nadat 'n negende vrou se liggaam aan Gauteng se Oos-Rand gevind is. 'n Petisie vra die parlement om die Gautengse departement van onderwys onder administrasie te plaas. Die Amerikaanse Reserwebank verhoog sy repokoers vir die eerste keer in drie jaar - wat beteken dit vir Suid-Afrika?

  • Wednesday · 55 min

    Spektrum: Tshwane-verkiesingsdebat

    President Cyril Ramaphosa het 4 November as 'n openbare vakansiedag verklaar, want dit is die dag wat Suid-Afrikaners na die stembus toe gaan om te stem vir leiers in hulle munisipaliteite. Dit is seker die een verkiesing waar jou stem op voetsoolvlak 'n impak sal maak, omdat jy toegang het tot die raadslede en die party in jou wyk. Dit maak die verkiesing dus baie belangrik. Ons praat met 'n paar van die grootste partye in die Tshwane Metro. Op ons paneel is Hannes Coetzee van Action SA en 'n burgemeesterskomiteelid, Willie Spies, die burgemeesterkandidaat van die VF Plus, Cilliers Brink, die DA se burgermeesterkandidaat, en dr. Kgoši Maepa van die ANC.

  • September 15 · 50 min

    Spektrum: Sesde liggaam van 'n vrou in Ekurhuleni gevind

    15 September 2026: 'n Sesde liggaam van 'n vrou word in Ekurhuleni gevind, die keer in KwaThema in Springs. Die ANC se besware oor sy kandidaatlyste wat laat ingedien is, word in die hof aangehoor. Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor die infiltrasie van die Johannesbur Metropolisie.

  • September 14 · 48 min

    Spektrum: Liggaam van vyde vrou in Kemptonpark gevind

    14 September 2026: Forensiese kundiges van die polisie is op die toneel in Kemptonpark waar ‘n vyfde lyk van ’n vrou gevind is. 'n Gru-ongeluk in die Karoo waarin twee minibustaxis en 'n motor betrokke is, eis die lewens van 21 mense. Cosatu oorweeg wigtige sake by sy 15de kongres in aanloop tot November se plaaslike regeringsverkiesings.

  • September 11 · 48 min

    Spektrum: Ses Nigeriërs aan VSA uitgelewer

    11 September 2026: Ses Nigeriërs wat glo met 'n R100 miljoen bedrogspul verbind word, word aan Amerika uitgelewer. Suid-Afrikaanse kersieprodusente kry vir die eerste keer toegang tot die Chinese mark. Nampo Kaap bewys sy gewildheid onder boere.

  • September 10 · 52 min

    Spektrum: Jacob Zuma maak weer groot veranderings in MK-party

    10 September 2026: Die DA dien hofdokumente in om 'n party van belang te wees in die ANC se saak teen die OVK. MK-president Jacob Zuma maak vir die tweede keer in ses week groot verskuiwings aan die partyleierskap. Swak dienslewering kan dorpe wat op toerisme staatmaak, benadeel.

  • September 9 · 51 min

    Spektrum: Belgiese Herdershond by polisiekademie beseer, uitgesit

    9 September: Ekurhuleni se vroeë kinder-ontwikkelingsprogram van R57 miljoen in die kollig weens ernstige uitdagings. 'n Ondersoek nadat 'n afgetrede polisiehond erg beseer is by ’n polisieakademie, en uitgesit moes word. Die aansoekdatums vir spesiale stemme is bekend.

  • September 8 · 53 min

    Spektrum: ANC sleep OVK hof toe

    8 September 2026: Suid-Afrika se ekonomie krimp in die tweede helfte van die jaar. Die ANC sleep die Verkiesingskommissie kieshof toe oor die indien van sy kandidaatlyste. Ladingsvermindering is amptelik in sewe provinsies beëindig.

  • September 7 · 50 min

    Spektrum: Waarnemende bestuurshoof van Onderstepoort Biologiese Produkte geskors

    7 September 2026: Die geregtelike ondersoek na die dood van Anele Tembe word in die Kaapstad-landdroshof voortgesit. Die waarnemende bestuurshoof van Onderstepoort Biologiese Produkte geskors, hangende 'n ondersoek. Sommige skole verbied matrieks wat hulle wangedra, om hulle matriekafskeid by te woon.

  • September 4 · 50 min

    Spektrum: AGOA tot 2028 verleng

    4 September 2026: Die AGOA-ooreenkoms word tot 2028 verleng. Aansoeke vir skoolplasings in Gauteng vir graad een en agt leerlinge in 2027, sluit vandag. Die Vryheidsfront Plus wys Franco De Lange as sy burgemeesterskandidaat in Johannesburg aan.

  • September 3 · 46 min

    Spektrum: Tongaat Hulett sukkel om produsente betyds te betaal

    3 September 2026: Die minister van basiese onderwys skort die implementering van 'n nuwe handboekkatalogus vir die grondslagfase tydelik op. Tongaat Hulett sukkel om suikerrietprodusente betyds te betaal. Die jaarlange nasionale ingryping in die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes is onder die vergrootglas.

  • September 2 · 48 min

    Spektrum: El Niño kan lei tot bo-normale temperature in die lente

    2 September 2026: Operasie Prosper gaan voortaan bendeleiers teiken. Die Weerdiens waarsku dat 'n sterk El Niño-verskynsel bo-normale temperature hierdie lente kan veroorsaak. Die Verkiesingskommissie ontken dat hy die ANC toegelaat het om kandidatelyste ná die registrasiesperdatum in te dien.

  • September 1 · 47 min

    Spektrum: Waarskuwing oor Rotavirus

    1 September 2026: Wie is Leonard Lekgetho, die nuwe hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid? 'n Waarskuwing oor die voorkoms van die Rotavirus by kinders jonger as vyf jaar. Dis Lentedag, maar koue en reën is op pad na groot dele van die land.

  • August 31 · 49 min

    Spektrum: Kommer oor koringoes in die Swartland

    31 Augustus 2026: Twee oudpresidente se Konstitusionele Hof-aansoek van die hand gewys. Kommer oor die droogte se impak op die koringoes in die Swartland. Rassie maak die Bok-span vir Saterdag bekend.

  • August 28 · 46 min

    Spektrum: Gift of the Givers gereed om hulp in Nepal te verskaf

    28 Augustus 2026: Gift of the Givers is gereed om in Nepal hulp te verskaf. 'n Ma van een van die vermiste Suid-Afrikaners het steeds hoop. Politieke partye het tot vyfuur vanmiddag kans om hulle kandidatelyste by die OVK in te dien.

  • August 27 · 45 min

    Spektrum: Weermag oorskrei sy begroting met R3,3 miljard

    27 Augustus 2026: 'n Geoloog verduidelik die Nepal-ramp. Die weermag se begroting reeds met R3,3 miljard oorskrei, terwyl tweederdes aan salarisse spandeer word. Suid-Afrika versterk handelsbande met Brasilië.

  • August 26 · 50 min

    Spektrum: Kriktiek op polisie se hantering van 10111-oproep

    26 Augustus 2026: Ondersoekbeamptes is steeds op die toneel waar 'n 50-jarige polisiekaptein vanoggend doodgeskiet is. Die polisie word weens hulle hantering van 'n 10111-oproep gekritiseer. 'n Mosie van wantroue in die Speaker in die parlement, Thoko Didiza, word vanmiddag aangehoor.

  • August 25 · 50 min

    Spektrum: Motoronderdelebedryf bloei

    25 Augustus 2026: Die motoronderdelebedryf bloei duisende poste in drie jaar. Die voormalige Vryheidsfront Plus koukusleier in die Tshwane Metro, Grandi Theunissen, stap oor na die DA. Suid-Afrika kry dalk twee nuwe private universiteite.

Showing 1–20 of 27 episodes